Welkom Madi & Padi
Ontmoet vir Madi & Padi – Die twee Skuilkrans dassies
Lank lank gelede, toe die berge nog vol klippe was en die aalwyne hoog teen die Skuilkranskoppie gestaan het, was daar twee dassies.
Madi & Padi het uit hul klipskeur gekom opsoek na mensekind en die son. Hulle het oor die plaaspad gehardloop tot by Oulandshoop, daar by die spruit. Saam met Skillie en spookvoël was dit ‘n heerlike jolyt!
Laataand het hulle teruggekeer verby die rysmier kolonie en lusernland. Daar het hulle rustig gaan lê, koppies in die sand. Hier op die Holloway plaas, was hulle gelukkig en tevrede.
Jare later word die dassies vroeg een oggend wakker. Hulle kruip uit hulle gate en kom bietjie nader om te sien wat alles hier gebeur. Hulle hardloop woerts warts oor die pad, want dit is nou al ‘n stad, en loer skelmpies na al die kinders wat leer en speel en hulle pouse kos deel.
Die twee dassies het ontdek waar ons omgee en opbou en aanhou strewe na waar ons glo enige iets is moontlik. Nou is hulle baie gelukkig om deel te wees van die Skuilkrans lewe.
En wanneer jy self eendag hier by die skool kom staan, kyk mooi, want daar mag dalk net ‘n dassie verbygaan.
Geskryf deur Juffrou Christel du Toit
Leave a Reply