Laerskool Skuilkrans Kultuur

Ons visie en missie is om leerders die geleentheid te gee om selfvertroue te ontwikkel deur deelname aan kultuuraktiwiteite. Alle leerders kry geleentheid op verskeie platforms. Ons doel is absoluut massadeelname Drama, spreekkoor, redenaars en verskeie feeste. Die skool bied ons eie Skitterfees aan wat baie goed deur die leerders bygewoon word. Leerders het oor die jare baie ontwikkel en vandag het ons leerdes van uitstaande gehalte wat deelneem. Ons leerders neem ook deel aan die Pierneeffees, ATKV en Radikale redenaars. Ons bied ook ons eie English speech Festival aan waar die leerders hulle vernuf in hul tweede taal uitmuntend uitleef. Ons bied ook drama, spreekkoor en redenaars aan. Ons het elke jaar ook ‘n Taalaand wat ons leerders wat uitstaande presteer het gedurende die jaar geleentheid kry om ouers om ‘n piekniektafel te bederf met hulle talente. Hierdie is ‘n tradisie van die skool en is ‘n groot treffer. Skuilkrans neem deel aan verskeie kultuurfeeste en kompetisies soos: ATKV Redenaars Pierneeffees Pretoria Eisteddfod Oppie Tong af Redenaars Radikale Redenaars Kansvatter Redenaars Afrikaanse Kunsvereniging se Kunswedstryd Verskeie leerders word aangewys as kategoriewenners.

Me. Nelien Erasmus

Musieksentrum

0128037103

Me. Kayla Strauss

Skuilie Kultuur

0128037107

Skuilie Musieksentrum

Musiek klasse wat ons aanbied

Skuilie Kultuur

Top
Laerskool Skuilkrans Missie & Visie

Om ‘n skool te wees, waar ons omgee, opbou en aanhou streef na waar ons glo enige iets is moontlik en om opvoedende onderrig optimaal te laat plaasvind en om toe te sien na die kultuur van Laerskool Skuilkrans en Skuilkrans VKO, en in die besonder die Christelike aard van die onderwys wat aangebied word, met Afrikaans as voertaal, en in pas met die ontwikkelende Afrikaanse kultuur.

36 Grace Lane, Murrayfield, Pretoria, South Africa

012 803 7103/4

[email protected]