Ons klerewinkel is op ons perseel. Die winkel verkoop al die nodige skoolklere, sportklere en skryfbehoeftes.
Ons klere is baie bekostigbaar en die skool probeer altyd goeie kwaliteit klere verkoop. Ons maak gebruik van verskeie verskaffers.
Ons verkoop skryfbehoefte pakkette aan die leerlinge wat dit vir die ouers vergemaklik. Ons verkoop ook los skryfbehoeftes indien daar enige behoefte is vir enkele skryfbehoeftes.
Die klerasie stasie se tye is
vanaf 7:00 – 14:30 Maandag tot Donderdag en Vrydae 7:00 – 14:00.
Nuwe pryslyste vir ons klerewinkel sal binnekort beskikbaar wees. Kontak gerus[email protected]vir meer inligting.
Om ‘n skool te wees, waar ons omgee, opbou en aanhou streef na waar ons glo enige iets is moontlik en om opvoedende onderrig optimaal te laat plaasvind en om toe te sien na die kultuur van Laerskool Skuilkrans en Skuilkrans VKO, en in die besonder die Christelike aard van die onderwys wat aangebied word, met Afrikaans as voertaal, en in pas met die ontwikkelende Afrikaanse kultuur.
36 Grace Lane, Murrayfield, Pretoria, South Africa