LEERDER VAN LAERSKOOL SKUILKRANS
Verbind my tot volle ontwikkeling van die potensiaal van myself as student en van my medeleerders en onderwysers, asook die breë gemeenskap.
Erken die reg om onderrig te ontvang en te laat onderrig sonder inmenging of ontwrigting.
Distansieer myself van en verwerp alle vorme van geweld, vandalisme en ander onbehoorlike gedrag in ons skool.
EK VERBIND MYSELF
* Tot die instandhouding en beskerming van die skool en skooleiendom.
* Tot die ondersteuning en onderwerping van ‘n billike en regverdige dissiplinestelsel en dissiplinêre verhoor.
* Om behulpsaam te wees met die instandhouding van die skooltrots, – tradisies en eiendom.
* Om onderwysers en medeleerders met respek te bejeën.
* Tot die pligsgetroue uitvoer van huiswerk, klaswerk, take en akademiese studie.
* Tot die onderhouding van die voorgeskrewe skoolreëls soos uiteengesit in die skooldagboek.
EK VERKLAAR MYSELF
* Bereid om ten volle saam te werk met alle ondersteuningsdienste wat die skool voorstel as deel van ‘n dissiplinêre uitspraak of konsultasie met enige van die topbestuur van die skool of enige gedelegeerde van die hoof.
EK ONDERNEEM OM MY TE WEERHOU VAN:
* Gedrag wat my nie ‘n positiewe Skuilie maak nie.
* Diefstal en die verniel van handboeke en ander skooleiendom.
* Boelie, teistering en intimidasie van onderwysers en medeleerlinge.
* Die gebruik van verbode middels.
* Die dra of in besit wees van enige wapen en enige ander voorwerp wat die lewe van onderwysers of medeleerlinge kan bedreig.
* Ek verstaan dat, terwyl ek in my skooldrag geklee is, die skool se reëls op my van toepassing is.