Ons junior naskool fokus op emosionele ontwikkeling in die middae. Aktiwiteite word uitgewerk om ons leerders aan te moedig om hulle gevoelens met ander te deel en hulle woorde te gebruik.
Dis vir ons belangrik dat ons maats van vroeg af leer hoe om ‘n goeie vriend te wees en ook hoe om jou vriende te kies.
Ons assistente neem deel smiddae aan verskillende grootmotoriese aktiwiteite wat ons leerders in die geheel ontwikkel. Onderwyseresse van die VKO bied die aktiwiteite kwartaalliks aan.
Die senior naskoolsentrum is gerieflik geleë op die bestaande skoolterrein van die skool.
Leerders ontvang ‘n middagete van ‘n buite instansie wat keurig voorberei is.
Leerders word na middagete gelei deur die skool se onderwyspersoneel om hulle huiswerk te voltooi.
Die senior naskool se assistente word aangestel as onderwysstudente wat reeds leerders se belange op die hart dra.
Die senior naskool het ‘n vraestellebank wat hulle gebruik, tydens kontroletoetse en ander geskeduleerde toetsreekse, vir vraestelle en hersieningsblaaie. Hierdie is ter om leerders te ondersteun ter voorbereiding daarvan.
Gedurende vakansies word vakansieprogramme opgestel om leerders te Vermaak.
Om ‘n skool te wees, waar ons omgee, opbou en aanhou streef na waar ons glo enige iets is moontlik en om opvoedende onderrig optimaal te laat plaasvind en om toe te sien na die kultuur van Laerskool Skuilkrans en Skuilkrans VKO, en in die besonder die Christelike aard van die onderwys wat aangebied word, met Afrikaans as voertaal, en in pas met die ontwikkelende Afrikaanse kultuur.
36 Grace Lane, Murrayfield, Pretoria, South Africa