GLO EN STREEF.

Welkom by Skuilkrans - Jou reis begin hier!

Laerskool Skuilkrans is geleë in die Ooste van Pretoria, net onder die Skuilkrans Koppie. Ons voedingsgebied strek vanaf Murrayfield tot en met Faerie Glen met maklike toegangsroetes. By ons word voortreflike akademiese onderrig aangebied deur opgeleide personeel en ‘n dinamiese Beheerliggaam wat dit moontlik maak om hoë standaarde te kan handhaaf. Mag Laerskool Skuilkrans vir u en u kind ‘n ryke en blywende ervaring inhou waar u en u kind gelukkig sal wees. Kom word deel van ‘n skool met ‘n warm hart!

Besoek ons hier 

Skuilkrosies is Laerskool Skuilkrans se Vroeë kinderontwikkelingsentrum. Die VKO bestaan reeds vanaf 1993.

Laerskool Skuilkrans se beheerliggaam het onlangs ‘n nuwe eiendom aangekoop wat ons ondersteun om die naskole te ontwikkel.

Die mediasentrum beskik oor ongeveer 14000 boeke waaronder ensiklopedieë, storieboeke (fiksie) en vakliteratuur, wat verdeel word in ‘n juniorafdeling en ‘n seniorafdeling. 

LEEF. GROEI. STREEF.