Die beheerliggaam van Skuilkrans se rol is om in samewerking met die bestuur van die skool, die skool te bestuur om ‘n bo-gemiddelde funksionerende skool te bedryf.
Die beheerliggaam is verdeel in portefeuljes wat die verskillende raakpunte van die skool bestuur.
Hierdie portefeuljes vergader gereeld afsonderlik om die gemeenskap, leerders, personeel en ouers se behoeftes aan te spreek.
Die beheerliggaam poog om die skool ‘n plek te maak waar elke leerder geborge en veilig voel om sy eie potensiaal optimaal te verwesenlik.
Voorsitter
Skoolhoof
Tesourier
Scriba
Personeelkomitee
Sport
Kultuur
Finansiele komitee
Adjunkhoof
Departementshoof
Onderwysverteenwoordigers
Om ‘n skool te wees, waar ons omgee, opbou en aanhou streef na waar ons glo enige iets is moontlik en om opvoedende onderrig optimaal te laat plaasvind en om toe te sien na die kultuur van Laerskool Skuilkrans en Skuilkrans VKO, en in die besonder die Christelike aard van die onderwys wat aangebied word, met Afrikaans as voertaal, en in pas met die ontwikkelende Afrikaanse kultuur.

