Mediasentrum

Die mediasentrum bestaan uit 10 000 boeke. Meerderheid van die boeke is fiksie maar ons het ook ‘n verskeidenheid vakliteratuur. Die leerlinge besoek die media weekliks in klasverband en sodoende kan hul gereeld nuwe leesboeke uitneem. Ons koop gereeld nuwe boeke aan sodat ons ‘n groot verskeidenheid skrywers se leesstof beskikbaar kan stel. Ons het ‘n junior en senior afdeling in die media, sodat die leerlinge boeke kan uitneem nagelang van hul ouderdom. Die mediasentrum hou gereeld boekverkope by die skool waar die leerlinge hul eie leesstof kan aankoop.

Top
Laerskool Skuilkrans Missie & Visie

Om ‘n skool te wees, waar ons omgee, opbou en aanhou streef na waar ons glo enige iets is moontlik en om opvoedende onderrig optimaal te laat plaasvind en om toe te sien na die kultuur van Laerskool Skuilkrans en Skuilkrans VKO, en in die besonder die Christelike aard van die onderwys wat aangebied word, met Afrikaans as voertaal, en in pas met die ontwikkelende Afrikaanse kultuur.

36 Grace Lane, Murrayfield, Pretoria, South Africa

012 803 7103/4

[email protected]