

Mediasentrum
Die mediasentrum bestaan uit 10 000 boeke. Meerderheid van die boeke is fiksie maar ons het ook ‘n verskeidenheid vakliteratuur. Die leerlinge besoek die media weekliks in klasverband en sodoende kan hul gereeld nuwe leesboeke uitneem. Ons koop gereeld nuwe boeke aan sodat ons ‘n groot verskeidenheid skrywers se leesstof beskikbaar kan stel. Ons het ‘n junior en senior afdeling in die media, sodat die leerlinge boeke kan uitneem nagelang van hul ouderdom. Die mediasentrum hou gereeld boekverkope by die skool waar die leerlinge hul eie leesstof kan aankoop.